top of page

RUGBY: PnP-logo verskyn nou op Bok-trui

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 28, 2025
  • 1 min read

Pick n Pay stel sy borgskap op die nuwe Springbok-rugbytrui ten toon, nes die winter-rugby-seisoen afskop.

Die kettingwinkel sê sy ikoniese logo verskyn van Saterdag af vir die eerste keer in goud agterop die groen trui.

Pick n Pay is die amptelike kruideniersvennoot van die Springbokke tot in 2027.

Die truie is reeds saam met ander handelsware by PnP Clothing te koop.

IOL berig die hoof uitvoerende beampte van Pick n Pay, Sean Summers, sê Suid-Afikaners kyk nie net rugby nie, hulle voel dit.

Hy voeg by om hul logo op die truie te sien is nie net ‘n borgskap nie, maar ‘n teken van eenheid.

Die hoof uitvoerende beampte van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê dit is die begin van ‘n opwindende pad saam vir twee ikoniese Suid-Afrikaanse draers van nasionale trots.

Die Springbokke speel Saterdag teen die Barbarians in Kaapstad.

 
 
 

Comments


bottom of page