RUGBY: Rassie se voorspelling oor Prendergast kom waar

Ierland se losskakel Sam Prendergast is beskikbaar vir Saterdag se kragmeting teen die Springbokke nadat 'n onafhanklike dissiplinêre komitee die klag teen hom van die hand gewys het.
Prendergast is aangekla ná 'n beweerde knieval-duikslag op Fiji se kaptein, Peceli Yato, tydens Ierland se oorwinning oor Fiji.
Volgens Planet Rugby het die komitee die saak eenparig van die hand gewys nadat hy getuienis van Prendergast, afrigter Andy Farrell en sy regsverteenwoordiger aangehoor het.
Die beslissing volg nadat Springbok-afrigter Rassie Erasmus Maandag voorspel het dat Prendergast op 'n tegniese punt vrygespreek sou word en Saterdag sou speel. Erasmus se opmerkings het deel gevorm van 'n mediakonferensie waarin hy ook die hantering van wedstrydbeamptes gekritiseer het. Wêreldrugby het hom daarna met onmiddellike effek vir ses internasionale wedstryde geskors.










Comments