RUGBY: Toyota Challenge - Cheetahs verloor eerste wedstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 20
- 1 min read
Die Toyota Cheetahs het Vrydag in Bloemfontein met die nouste van marge verloor toe die Black Lion van Georgië hulle met 39–38 geklop het. Die Cheetahs het met 21–15 voorgeloop teen rustyd ná drie vroeë drieë deur Marco Janse van Vuren, Cohen Jasper en Michael Annies, met Jasper wat ook die ekstra punte behartig het.
Kaptein Victor Sekekete het ná halftyd die voorsprong verder vergroot, maar Black Lion het sterk teruggeveg met ses drieë, waaronder ’n dubbele drie deur Dato Abdushelishvili. In die laaste minute het Marko Janse van Rensburg die Cheetahs weer hoop gegee toe hy oor die doellyn geduik het, maar Cohen Jasper se moeilike omskakeling was net verby die pale.
’n Spanningsvolle wedstryd word in die Toyota-stadion verwag, wanneer die Cheetahs volgende naweek weer teen Black Lion te staan kom in die tweede kragmeting van die Toyota Challenge.






Comments