SA dien dossier by Internasionale Geregshof in wat Israel beskuldig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrika het ‘n dossier by die Internasionale Geregshof ingedien waarin Israel daarvan beskuldig word dat hulle nie bevele nagekom het wat daarop gemik is om Palestyne in Gaza te beskerm nie.
Die dossier is hierdie week ingedien om ‘n Geregshof-komitee te help om Israel se nakoming van die wetlik bindende voorlopige maatreëls te beoordeel.
Volgens Suid-Afrika het Israel die hofbevele verontagsaam.
Dit sê meer as 73 duisend Palestyne is sedert Oktober 2023 dood en meer as 174 duisend beseer.
Suid-Afrika het sy verbintenis tot internasionale reg en die Internasionale Geregshof herbevestig.








Comments