top of page




Brandstofpryse styg moontlik wéér
Suid-Afrikaners kan moontlik in Mei nog ’n verwoestende brandstofprysverhoging in die gesig staar, met dieselpryse wat met meer as R10 per liter kan styg indien toenemende spanning oor die Straat van Hormuz nie opgelos word nie. Nova News berig vroeë-maand data van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui op dieselprysverhogings van meer as R10 per liter, bo en behalwe die rekordverhogings van tussen R7,37 en R7,51 per liter wat op 1 April ingestel is. Die petrolprysvooruitsig is

Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago


Iran het die jongste wapenstilstandvoorstel van Amerika verwerp
Iranse staatsmedia sê dat die land die jongste wapenstilstandvoorstel van Amerika verwerp het. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, het gewaarsku dat hy hierdie week hel op Iran sal loslaat as dit nie die Straat van Hormuz heropen nie. Verskeie lande, insluitend Pakistan, het as bemiddelaars opgetree in pogings om die oorlog wat in Februarie vanjaar begin het te stop. Iran wil versekerings hê dat daar nie toekomstige aanvalle op die land sal wees n

Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago


Midde-Ooste: Iran se veiligheidshoof is dood
Iran se veiligheidshoof, Ali Larijani, is in ‘n Israeliese aanval dood. Reuters berig dat sy dood een van die mees opvallende sterftes sedert die begin van die oorlog tussen die Verenigde State en Israel met Iran is. Larijani is beskou as ‘n belangrike magsmakelaar en noue bondgenoot van die oorlede opperleier Ali Khamenei, sowel as sy opvolger, Mojtaba Khamenei. Amptenare sê Iran se nuwe leierskap het de-eskalasievoorstelle wat deur tussengangers gelewer is, verwerp, wat dui

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Midde-Ooste: Die Amerikaanse ambassade in Bagdad is aangeval
Owerhede in Bagdad het vroeg Dinsdagoggend bevestig dat die Amerikaanse ambassade met vuurpyle en ten minste vyf hommeltuie aangeval is. Irakse veiligheidsbronne beskryf dit as die mees intense aanval sedert die uitbreek van die Amerika-Israel-konflik met Iran. Volgens Reuters het drie hommeltuie die ambassade genader, en die lugverdedigingstelsel het daarin geslaag om twee suksesvol af te skiet. Die derde hommeltuig het na bewering binne die kompleks getref, wat vuur en rook

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


SA oorweeg Israel se reaksie in die Gasa-volksmoordsaak
Die Suid-Afrikaanse regering sê hy oorweeg tans Israel se reaksie by die Wêreldhof in die Gasa-volksmoordsaak. Suid-Afrika het die saak in Oktober 2024 aanhangig gemaak en beskuldig Israel daarvan dat hy internasionale reg oortree en dade pleeg wat neerkom op volksmoord teen Palestyne. Israel het sy antwoord ingedien nadat twee uitstelperiodes toegestaan is. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering sal nou besluit of verdere skriftelike voorleggings g

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 16


Die landbousektor gaan ook gebuk weens die Midde-Ooste-konflik
Die Suid-Afrikaanse landbousektor maak hom gereed vir verdere druk soos die konflik tussen die VSA, Israel en Iran voortgaan. Volgens ‘n model deur die professionele dienstefirma, EY-Parthenon, kan die rand vanjaar tot soveel as R17,63 teenoor die Amerikaanse dollar verswak indien die konflik vir ses maande of langer voortduur. Die firma verwag ook dat Suid-Afrika se ekonomie R40 miljard kan verloor indien die oorlog voortduur. Intussen berig Netwerk24 die hoofekonoom van die

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 11


'n Nuwe golf aanvalle is op Teheran geloods
Israel se weermag sê ’n nuwe golf lugaanvalle is op militêre infrastruktuur in Iran se hoofstad, Teheran, geloods. Amerikaanse wetgewers in Washington het ’n resolusie verwerp wat Donald Trump se mag sou beperk om verdere militêre optrede teen Iran te beveel. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, het ook bevestig dat ’n Amerikaanse duikboot ’n Iranse oorlogskip in die Indiese Oseaan gesink het. Sowat 180 mense was glo aan boord. FOTO: CNN

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 5


Die Midde-Ooste-konflik kan jou beursie direk raak
Jou beursie kan direk geraak word deur die VSA en Israel se aanvalle op Iran, en Iran se daaropvolgende aanvalle op teikens in verskeie lande in die Midde-Ooste. Maroela Media berig 'n onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê die konflik sal hoofsaaklik 'n negatiewe impak in die vorm van hoër brandstofpryse veroorsaak. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dit kan inflasie opstoot, wat weer kan veroorsaak dat die Reserwebank briek aandraai met dalings in die rentekoerse

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 4
bottom of page

