‘SA het misluk om die stryd teen werkloosheid te wen’
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê Suid-Afrika het misluk om die stryd teen werkloosheid oor die afgelope dekade te wen.
Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag aangekondig dat Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer in die tweede kwartaal van 2026 tot 33,6 % gestyg het, teenoor 32,7 % in die eerste kwartaal. Hy sê die toenemende gaping tussen die arbeidsmagdeelnamekoers en die absorpsiekoers toon dat meer mense die arbeidsmark betree sonder om werk te kry.
Maluleke sê die jongste syfers beklemtoon die land se voortdurende stryd om ekonomiese deelname in werk te vertaal.
Risenga Maluleke








Comments