'SA kry skaam oor hoe buitelanders hanteer is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 52 minutes ago
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd en skaam dat burgers van ander lande diskriminasie, mishandeling en dreigemente van geweld in die gesig gestaar het.
Ramaphosa het Vrydag by die 46ste Gewone Spitsberaad van Staatshoofde en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (Saog) in Durban in KwaZulu-Natal gepraat.
Hy sê sommige buitelandse burgers is selfs gedwing om die land te verlaat.
Ramaphosa sê sulke optrede is onaanvaarbaar, veral omdat sommige van die betrokke lande by die spitsberaad verteenwoordig word.
LUISTER HIER:
President Cyril Ramaphosa








Comments