SA'ners moet hul veiligheid in die sneeu en koue prioritiseer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 11
- 1 min read
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het Suid-Afrikaners aangespoor om uiterste versigtigheid te beoefen en hul veiligheid te prioritiseer.
Dit volg op swaar sneeuval en uiterste koue wat dele van die land raak.
Volgens Hlabisa hou die weerstoestande verband met ’n afsnylaagdrukstelsel en ’n toenemende hoëdrukstelsel. Hy sê die impak van die weerstelsel sal na verwagting tot môre voortduur.
Die minister se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, sê owerhede en rampbestuurstrukture sal voortgaan om ontwikkelings noukeurig te monitor.
LUISTER HIER:
Pearl Maseko-Binqose







Comments