SA ontken bewerings dat hy gewilliglik met Hamas saamgewerk het
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
Die Departement van Internasionale Betrekkinge het bewerings ontken dat die Suid-Afrikaanse regering willens en wetens met Hamas saamgewerk het voor die aanvalle op Israel op 7 Oktober.
Netwerk24 berig die departement het gereageer op die blogplasing van die joernalis, Paula Slier, wat op 11 Julie in die Times of Israel gepubliseer is. In die plasing beweer Slier dat die Verenigde State voorberei om president Cyril Ramaphosa te dagvaar vir die beweerde samewerking met Hamas.
Ten minste 47 Amerikaanse burgers is dood of gyselaar geneem in die aanvalle op Israel op 7 Oktober. Die
departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, het Slier se plasing gister in ’n ope brief gekritiseer. Hy sê Slier het versuim om basiese etiese standaarde te handhaaf.






Comments