top of page

SA troepe keer teen einde van maand uit DRK terug

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 16
  • 1 min read

Meer as tweeduisend Suid-Afrikaanse soldate wat steeds in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi is, sal teen die einde van Junie na Suid-Afrika terugkeer. Die weermag het bevestig dat alle personeel in die konflikgeteisterde DRK onttrek sal wees teen die einde van die maand. Die eerste groep van 249 soldate het reeds Vrydag teruggekeer. Terugkerende soldate sal ʼn vierdag-demobiliseringsproses ondergaan. Intussen het die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, aan lede van die parlement bevestig dat die toestand van die Suid-Afrikaanse Weermag ʼn ernstige bron van kommer vir die kabinet en president is.

 
 
 

Comments


bottom of page