top of page

Saaddiefstal in die Vrystaat neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 21, 2025
  • 1 min read

Vrystaat Landbou (VL) sê hulle is bekommrd oor die toename in saaddiefstal wat sedert September op plase in die Vrystaat voorkom.


Parys Gazette berig volgens veiligheidsrisiko-analis, Jane Buys, sluit areas waar miljoene rande se mielie- en sonneblomsaad gesteel is onder meer Reitz, Ventersburg, Viljoenskroon en Wesselsbron in.


Voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, Jakkals le Roux, meen die diefstal gaan ’n enorme impak op boere se boerderypraktyke hê, veral ten opsigte van hul opbrengste asook op voedselsekuriteit.


Boere word aangeraai om hul pak- en bergingsplekke vir saad, kunsmis, gif, diesel en ander produkte met sekuriteitstegnologie soos ligte, kameras en alarms toe te rus om beweging, veral na-ure, vroegtydig op te merk. 


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


Comments


bottom of page