Sadtu vra dat minister Gwarube gestraf word

Sep 7
1 min read
Die onderwysersvakbond Sadtu doen ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, te straf.
Gwarube het besluit om die nuwe handboekkatalogus vir die Grondslagfase opgeskort te hou nadat ’n onafhanklike ondersoek bevind het dat daar areas van nie-nakoming en swakhede in bestuur was.
Volgens Sadtu kom haar besluit ondanks bevindings van ondersoeke dat daar geen bewyse van onregmatigheid in die verkrygingsproses is nie.
Die vakbond beweer Gwarube se optrede dui op ’n patroon van politieke inmenging.
Sadtu sê die minister vertraag die implementering van die katalogus en beskerm die kommersiële belange van gevestigde uitgewers.








Comments