top of page

Sake word van die hofrol verwyder as gevolg van die krises by Vrystaatse lykshuise

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 26, 2025
  • 1 min read

Altesaam 75 hofsake is in die eerste vyf maande vanjaar weens die krises by lykshuise in die Vrystaat van die hofrol verwyder. Dit volgens die minister van polisie, Senzo Mchunu wat tans op spesiale verlof is. Volgens Netwerk24 is die sake van die hofrol verwyder omdat die lykskouings nie betyds voltooi is nie of omdat die lyksouingsverslag nie tydig aan die ondersoekbeamptes oorhandig is nie. Teen Mei vanjaar was daar altesaam 748 ondersoeke vertraag weens uitstaande lykskouingsverslae van lykshuise in die provinsie. Die Bloemfonteinse staatslykhuis is in Oktober verlede jaar deur die Departement van Indiensneming en Arbeid gesluit en is in April vanjaar gedeeltelik herhopen. Die lykshuis kon sedert Julie vanjaar weer lykskouings doen.

 
 
 

Comments


bottom of page