top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Salarisverhogings by die Nasionale Biblioteek van SA moet ondersoek word

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 14
1 min read

Die Staatsamptenare Vereniging het ’n beroep op die Openbare Beskermer gedoen om die salarisverhogings van bestuurders by die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika (NLSA) te ondersoek.


Die oproep volg op berigte dat die NLSA sy uitvoerende hoof se salaris van R1.8 miljoen rand tot R2.6 miljoen per jaar verhoog het.


Die finansiële hoof se salaris is ook verhoog.


Die vakbond beweer dat die salarisverhogings moontlik nie aan die standaarde voldoen wat van ’n openbare instelling verwag word nie.


Die woordvoerder vir die vakbond, Claude Naiker, sê die bestuurders het groot verhogings ontvang, terwyl werkers baie klein verhogings gekry het.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page