top of page

Samesprekings oor ‘n nuwe inkomste-toelae begin

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Samesprekings tussen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die Nasionale Tesourie oor finansiering vir ’n nuwe Basiese Inkomstesteun-toelae sal later vandeesmaand begin.


Minister Sisisi Tolashe sê die departement verfyn tans ekonomiese en implementeringsmodelle vir die voorgestelde toelae.


Die plan bou voort op die Covid-19-maatskaplike noodtoelae wat tans sowat 8,2 miljoen mense ondersteun.


Volgens die regering kan die nuwe toelae mense tussen 18 en 59 jaar help om beter toegang tot werk, opleiding en sakegeleenthede te kry.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page