top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sandu neem regstappe teen die kwarantyn van DRK-ontplooide troepe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die weermagvakbond Sandu het dringende regstappe van stapel gestuur teen die voortgesette kwarantyn van lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat onlangs teruggekeer het van ontplooiing in die Demokratiese Republiek van die Kongo.


Die vakbond sê dat hulle kommer by die Departement van Verdediging uitgespreek het oor die wettigheid van die kwarantyn en swak lewensomstandighede by die fasiliteite, maar geen reaksie ontvang het nie.


Sandu beweer dat die fasiliteite onvoldoende infrastruktuur, swak ablusiedienste, onbetroubare elektrisiteit, beskadigde toerusting en onvoldoende voedsel het. Die vakbond wil hê dat die Hooggeregshof die kwarantyn se wettigheid hersien en verseker dat soldate se grondwetlike regte, waardigheid en welsyn beskerm word.


Rosestad-nuus het vroeër berig weermaglede bly glo in haglike toestande in kwarantyn by die De Brug-weermagbasis net buite Bloemfontein.


FOTO: X
FOTO: X

Comments


bottom of page