SANParke staak die gebruik van vrywaringvorms by Tafelberg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 15
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het die gebruik van vrywaring- en verifikasievorms by besige hekke in die Tafelberg Nasionale Park met onmiddellike ingang opgeskort.
Die vorms is ingestel om Suid-Afrikaanse besoekers se kwalifisering vir afslagtoegangsfooie te bevestig.
Dít terwyl ’n nuwe digitale ID-skanderingstelsel ontwikkel word.
SANParke sê die proses het lang toue en frustrasie by besoekers en personeel veroorsaak.
Hekbedrywighede sal normaal voortgaan terwyl ’n volledig gedigitaliseerde ID- en paspoortverifikasiestelsel oor die volgende jaar ingestel word.








Comments