SAPD moet opdok ná bevordering van minder geskikte persoon
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is beveel om luitenant-kolonel Ralda Breedt tot kolonel te bevorder nadat bevind is dat sy onregverdiglik van bevordering uitgesluit is ten gunste van 'n minder geskikte kandidaat.
Netwerk24 berig Breedt dien sedert 2019 in die Valke se eenheid vir ernstige-korrupsie-ondersoeke in Kimberley.
Sy het aansoek om die pos van bevelvoerder gedoen, maar ondanks haar uitgebreide ervaring en die feit dat die paneel haar as die beste kandidaat aangewys het, is die pos aan 'n ander persoon toegeken. Volgens die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), het dié persoon nie aan die posvereistes voldoen nie.
Die KVBA het bevind dat die SAPD nie 'n regverdige rede kon verskaf vir die besluit om Breedt nie te bevorder nie.
Breedt se bevordering moet terugwerkend vanaf 1 Mei 2023 in werking tree, en alle vergoeding en voordele moet teen 31 Julie aan haar betaal word.





Comments