top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sassa-werkers sê hulle laat kliënte in die steek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 14
  • 1 min read

'n Jare lange werknemer van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) sê hy voel hulle laat begunstigdes in die steek.


Die werknemer sê voorts hulle het nie die regte hulpmiddels nie, en nie genoeg personeel nie. Hy voel dus kan hulle nie aan kliënte die regte diens gee nie, en hulle sukkel.


Ground Up berig die minister van maatskaplike ontwikkeling, Dina Pule, het Donderdag Sassa se Bellville-kantoor in die Kaap besoek. Hier het verskeie gefrustreerde werknemers en kliënte hul griewe met haar gedeel.


Ná haar besoek het Pule gesê daar is ’n duidelike behoefte aan meer personeel en dat sy verstaan waarom werknemers gefrustreerd is. Sy sê hulle kan nie onder sulke druk werk nie, want dan is hulle nie in staat om die kliënt te help nie.


Die Nasionale Tesourie het verlede jaar strenger voorwaardes vir Sassa se begroting ingestel om te verseker dat toelaes slegs aan kwalifiserende begunstigdes betaal word.


Personeel sê egter dat die nuwe biometriese verifikasiestelsel, wat by die Bellville-kantoor getoets word, stadig is.


Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Dina Pule, by die Sassa-kantoor in Bellville. FOTO: GroundUp
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Dina Pule, by die Sassa-kantoor in Bellville. FOTO: GroundUp

 
 
 

Comments


bottom of page