Sekere Bfn banke kan nou groen ID-boekies vervang

Sekere Capitec- en Standard Bank- banktakke in Bloemfontein kan ou groen ID-boekies met nuwe Slim ID-kaarte vervang.
Daar is landswyd 431 banktakke waar Suid-Afrikaners ’n nuwe Slim-ID-kaart kan kry om hul groen ID-boek te vervang. Hierdie mylpaal is binne ses maande bereik nadat die eerste banktakke met dié vermoë begin het.
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die departement beplan om die diens teen die einde van die huidige boekjaar na minstens 200 verdere banktakke uit te brei.
In antwoord op ’n vraag in die Parlement het Schreiber gesê die inisiatief het Binnelandse Sake se diensleweringsnetwerk teen minimale koste dramaties uitgebrei.
Volgens Daily Investor is die banktakke in Bloemfontein waar groen ID-boekies vervang kan word, Capitec se Fleurdal- en Bloemfontein Plaza- takke, en Standard Bank se Bloemfontein- en Botshabelo-takke.








Comments