top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sekere Land Rovers en Jaguars word herroep

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het verbruikers gewaarsku oor die herroeping van sekere Jaguar- en Land Rover-voertuie weens moontlike gebreke wat veiligheid kan raak. Maroela Media berig sekere Land Rover Defender-modelle en Jaguar I-PACE-modelle wat landwyd verkoop is word hierdeur geraak.


Altesaam 60 Land Rover Defender-voertuie van die 2026-modeljaar, wat deur gemagtigde handelaars verkoop is, word herroep. Daar is moontlik ’n sweisdefek by die ankerpunt van die veiligheidsgordel in die derde ry sitplekke. Dit veroorsaak dat die gordel nie behoorlik funksioneer tydens ’n botsing nie.


Die herroeping van die Jaguar I-PACE-voertuie van die 2019- tot 2021-modeljare raak 67 voertuie. Die NVK sê ’n moontlike probleem met die hoëspanning-batterypak is geïdentifiseer. Onder sekere omstandighede kan die battery oorverhit en begin rook, of dit kan selfs ’n brand veroorsaak.


Eienaars van die betrokke voertuie word versoek om hul naaste gemagtigde Jaguar- of Land Rover-handelaar te besoek vir gratis herstelwerk.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page