Ozempic-generies word van die mark onttrek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 10
- 1 min read
Gesondheidswerkers in Suid-Afrika word gewaarsku dat die voorskryf, uitreik of aanhou van voorraad van sekere gewigsverliesmedisyne tot dissiplinêre optrede kan lei.
Reuters berig die waarskuwing volg nadat die Hooggeregshof verlede maand 'n tussentydse bevel toegestaan het wat die plaaslike apteekgroep iDexis verbied om medisyne wat semaglutied bevat te vervaardig en te verkoop.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die saak is deur die Deense farmaseutiese maatskappy Novo Nordisk aanhangig gemaak.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Novo Nordisk voer aan iDexis vervaardig en verkoop onwettige, ongeregistreerde semaglutied-produkte, en ding mee in Suid-Afrika se vinnig groeiende gewigsverliesmark sonder om aan die regulasies vir medisyne te voldoen. Gesondheidsowerhede sê in 'n verklaring die herroeping sluit in semaglutied, tirzepatied en kombinasies van die twee wat deur iDexis saamgestel is. Die middels is aktiewe bestanddele in onder andere Ozempic en Mounjaro.
Die reguleerders sê die voortgesette gebruik, voorskryf en uitreik van hierdie iDexis-produkte hou 'n ernstige risiko vir pasiënte en gebruikers se veiligheid in.
iDexis het nie kommentaar gelewer nie.








Comments