top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sekere Volkswagen Amarok-voertuie word herroep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 5
1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie het 291 Volkswagen Amarok-voertuie, wat landwyd tussen 2 Junie en 15 September verkoop is, aan 'n herroepaksie onderwerp.


Volkswagen Group Africa het die kommissie van die herroeping in kennis gestel nadat 'n moontlike veiligheidsgebrek aan die lugsak geïdentifiseer is. Die kommissie sê die gordynlugsak sal moontlik nie ten volle ontplooi tydens 'n botsing van voor of van die kant af nie, terwyl skerp plastiekonderdele beserings kan veroorsaak.


Eienaars van die betrokke voertuie word aangemoedig om hul voertuie na goedgekeurde Volkswagen Commercial Vehicles-handelaars te neem vir die gratis vervanging van onderdele.


Amarok. FOTO: CAR Magazine
Amarok. FOTO: CAR Magazine

 
 
 

Comments


bottom of page