top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sewe is vas ná koperkabels in Bloemfontein teruggevind is

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago
1 min read

Vinnige optrede deur die polisie het gelei tot die inhegtenisneming van sewe mans, nadat 44,5kg se koperkabels, ter waarde van sowat R60 000, in Bloemfontein teruggevind is.


Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, het die polisie inligting opgevolg oor ’n voertuig wat kabels na ’n skrootwerf vervoer. Die voertuig is in die Ramkraal-omgewing opgespoor waar die verdagtes aangetref is.


Daar is ook beslag gelê op R10 400 in kontant en kwitansies van ’n skrootwerf in Heidedal.


Die verdagtes is in hegtenis geneem vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en bly in die selle terwyl die ondersoek duur.


FOTO: Centlec
FOTO: Centlec

 
 
 

Comments


bottom of page