top of page

Skadelike winde veroorsaak krag onderbrekings in die Metro

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 10
  • 1 min read

Na 'n vroeëre waarskuwing vir skadelike winde, ondervind verskeie dele van Mangaung Metro Munisipaliteit kragonderbrekings. Dit as gevolg van geaffekteerde elektrisiteitsinfrastruktuur. Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, sê in ‘n kennisgewing dit beinvloed ook hul normale beraamde omkeertyd om onderbrekings te hanteer en kan in sommige gevalle die tye ook verleng. Hulle verseker Bloemfonteiners dat al hul tegniese spanne besig is om alle onderbrekings wat in hul voorsiengsgebied aangeteken is, hanteer.  

 
 
 

Comments


bottom of page