top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Skote klap tydens ’n kontant-in-transito-roof in die Vrystaat

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
38 minutes ago
1 min read

Verskeie geboue is beskadig nadat daar skote afgevuur is tydens ’n kontant-in-transito-roof in Sasolburg.


Volgens die Vrystaat Valke het sekuriteitswagte vroeër die week hul gewone kontantinsamelings by winkels gedoen toe een van die wagte deur ’n verdagte met ’n vuurwapen gekonfronteer is. ’n Sak met ’n onbekende bedrag geld is gebuit.


Sowat vyf verdagtes het daarna in ’n blou Nissan Tiida gevlug. Hulle het dié voertuig in Vaalpark gelos en ’n minibus gekaap.


Die verdagtes het daarna in die rigting van die Vereeniging-taxistaanplek gery, waar hulle die minibus gelos en ’n taxi na Vosloorus geneem het.


Die Valke vra hulp om Mothoezane Xaba, ’n persoon van belang wat moontlik met die ondersoek kan help, op te spoor.


Mothoezane Xaba. FOTO: Verskaf
Mothoezane Xaba. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page