Uitdagings vertraag Suid-Afrika se oorgang na skoner energie

53 minutes ago
1 min read
Die regering sê ’n afname in internasionale toelaes en die hoë koste van lenings vertraag Suid-Afrika se oorgang na skoner energie.
Volgens die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het die land ’n kredietwaarborg van $550-miljoen, oftewel sowat R9 miljard, verkry om private belegging in elektrisiteitsoordrag te lok.
Hy het ’n beroep gedoen op meer internasionale finansiering om die oorgang na skoner energie uit te brei en die werkers en gemeenskappe wat van die steenkoolbedryf afhanklik is, te beskerm.








Comments