Skuts ding mee in Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Skuts van regoor Suid-Afrika ding in Bloemfontein mee om nasionale eer tydens die Suid-Afrikaanse Gevegsgeweervereniging, oftewel SANCRA, se nasionale kampioenskap.
Die kompetisie het Maandag by die Generaal De Wet-skietbaan op De Brug geopen. Spanne van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Nasionale Weermag en die Departement van Korrektiewe Dienste uit al nege provinsies neem deel.
Brigadier Veronica Sharneck sê in ‘n mediaverklaring die geleentheid is meer as net 'n kompetisie, maar 'n viering van dissipline en vaardigheid.
Volgens Sharneck bou dit goeie werksverhoudinge tussen die veiligheidsdienste en skerp dit die skietvaardighede op wat hulle in hul daaglikse pligte benodig.
Deelnemers kompeteer met pistole en gewere oor verskillende afstande.








Comments