Slaggate dwing Bloemfonteiners om self paaie te herstel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Weens die swak toestand van paaie in Langenhovenpark en Spitskop word inwoners en gemeenskapsorganisasies glo genoodskaak om self slaggate herstel.
Volgens ’n mediaverklaring van die Demokratiese Alliansie (DA) is dié ingrypings nie volhoubaar nie en kan dit nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid vervang nie.
Die party sê talle strate is ernstig beskadig, wat ’n veiligheidsrisiko vir motoriste en voetgangers inhou en inwoners finansieel raak.
Hulle het die Mangaung Metro Munisipaliteit versoek om dringend op te tree en ’n omvattende herstelprogram vir paaie in die gebiede in te stel.
Die DA voeg by dit is nie meer voldoende om slaggate op te vul nie - baie paaie het so agteruitgegaan dat volledige heropgradering nodig is.








Comments