Slaggate in Vrystaat wek ‘n geruime tyd kommer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 31, 2025
- 1 min read
Slaggate op die R59 tussen die Vrystaatse dorp Parys en die N1-oorbrug wek al reeds ‘n geruime tyd ernstige kommer. Twee mense is die naweek in ‘n motorfietsongeluk op die deel van die pad beseer. Die Parys Gazette berig dat beide beseerdes per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer is. ‘n Kontrakteur het ‘n tyd gelede glo met herstelwerk aan die pad begin, maar motoriste sê aan die Gazette daar is steeds dele op die pad wat nog nie reggemaak is nie, en wat uiters gevaarlik is - veral in reënweer en wanneer sig swak is. Daar is vroeër aangedui dat die kontrakteur nog tot einde April aan die gedeelte tussen Parys en die N1-oorbrug sal werk, terwyl die Departement Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer ook aandag sou gee aan die gedeelte tussen die N1-oorbrug en Sasolburg.






Comments