top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Slegs 700 spaza-winkels is in Gauteng goedgekeur

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 19, 2024
  • 1 min read

Net meer as 700 van die amper 2000 spaza-winkels wat in Gauteng om registrasie aansoek gedoen het, is goedgekeur. Primedia berig ten spyte van die feit dat Gauteng die mees bevolkte provinsie is, het hulle een van die laagste getalle spaza-winkelregistrasies in die land aangeteken. Mpumalanga, met 'n bevolking drie keer kleiner as Gauteng, het byna 10 000 registrasie-aansoeke ontvang. Volgens die minister van samewerkende regering, Velenkosini Hlabisa, sal baie van die spaza-winkels wat bedryf word, nie aansoek doen nie omdat hulle bedryf word deur mense wat nie dokumente het om in Suid-Afrika te wees nie. Ná die verlenging wat die regering gister aangekondig het, het spaza-winkeleienaars nou tot 28 Februarie volgende jaar om hul winkels te registreer.

 
 
 

Comments


bottom of page