top of page

Slim ID-dienste is ook in Bfn beskikbaar

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Bloemfonteiners kan ook plaaslik vir hul Slim-ID-kaarte aansoek doen.


Volgens Capitec se webtuiste bied die bank nou die diens by geselekteerde takke, insluitend Bloemfontein Plaza, in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake.


Kliënte kan sonder ’n vooraf bespreking by ’n selfdiens-terminaal in die tak vir hul slim-ID aansoek doen.


Die aansoekproses is volledig digitaal en neem volgens Capitec minder as vyf minute om te voltooi.


Die kaart kos R150 wat die standaardfooi van Binnelandse Sake, asook ’n klein diensfooi,  insluit.


Capitec sê die diens vorm deel van ’n gefaseerde nasionale uitrol wat teen middel volgende jaar na ongeveer 100 takke uitgebrei moet word.


Ter illustrsie. FOTO: Engineering News
Ter illustrsie. FOTO: Engineering News

Comments


bottom of page