Sneeu val weer op die Drakensberge

Sep 4
1 min read
Sneeu het op die Drakensberge in die Oos-Kaap geval, terwyl ’n kouefront oor die land beweeg.
Landbouweekblad berig die sneeu is in die Rhodes-distrik aangeteken en word deur die kouefront en ’n afsnylaag met hoë vogvlakke veroorsaak.
Die weerstelsel kan ook elders swaar reën meebring.
Dit is reeds die derde keer vanjaar dat sneeu in dié distrik voorkom.
Sneeu in September is nie ongewoon nie, omdat kouefronte steeds in dié maand oor Suid-Afrika beweeg en meer vog beskikbaar kan wees namate die somerreënseisoen naderkom.
Sneeu het al voorheen so laat as November en selfs Desember in dele van die land voorgekom.








Comments