top of page

Solidariteit maak 'n lastersaak teen die president aanhangig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

Die vakbond Solidariteit het ’n lastersaak teen die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, en president Cyril Ramaphosa aanhangig gemaak.

Dit volg nadat Ntshavheni tydens ’n mediakonferensie Solidariteit en AfriForum van waninligting beskuldig het, sonder om enige bewyse te verskaf.

Die uitlatings het gekom ná Solidariteit se besoek aan die VSA, waar die organisasie op die behoud van die Agoa-handelsooreenkoms gefokus het.

Volgens die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, probeer die minister valslik skuld verskuif oor ’n diplomatieke krisis met die VSA.

Solidariteit vra skadevergoeding, wat aan die organisasie Helpende Hand geskenk sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page