SONA: Binnelandse Sake sal glo uitgelig word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 8
- 1 min read
Die suksesse van die Departement van Binnelandse Sake sal na verwagting prominent verskyn in President Cyril Ramaphosa se Staatsrede volgende week.
Volgens die DA is die departement een van die min regeringsdepartemente wat op meetbare vordering kan wys - met die hervorming van dienslewering en die ondersteuning van ekonomiese groei.
Die party verwag dat die Staatsrede die departement se vooruitgang sal beklemtoon met die opruiming van visum- en permitagterstande, die bekamping van onwettige grensoorgange, die uitbreiding van visumskemas en die uitrol van digitale stelsels om sekuriteit te versterk.
Die DA sê hulle verwelkom die ontwikkelinge en hoop dat die Staatsrede verder sal gaan as net die aankondiging van platforms en loodsprojekte in die algemeen.







Comments