SONA: Daar is geen kitsoplossing vir wateruitdagings nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 13
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê daar is geen eenvoudige of vinnige oplossing om Suid-Afrika se wateruitdagings op te los nie.
Volgens die president het water ‘n groot probleem geword vir talle inwoners in groot stede, klein dorpies en landelike gebiede.
Ramaphosa sê die waterkwessie spruit uit sistemiese mislukkings en jarelange verwaarlosing van infrastruktuur.
Hy voeg by hulle is in die finale stadiums van die stigting van ‘n Nasionale Waterhulpbron-infrastruktuuragentskap om die land se waterinfrastruktuur te bestuur.
LUISTER HIER:
02 Cyril Ramaphosa







Comments