top of page

SONA:‘Dit sal binne begroting bly’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 9
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sal Donderdagaand die staatsrede by die Kaapstadse stadsaal lewer, wat die begin van die parlementêre jaar aandui. Die parlement sê die koste van die geleentheid sal na verwagting in lyn bly met verlede jaar se begroting van sowat R7 miljoen.


Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê die verrigtinge word steeds buite die parlementêre terrein gehou terwyl herbouwerk ná die brand van 2022 voortduur. Parlementslede sal volgende week die staatsrede in die opgeknapte Nieuwmeester-koepel debatteer.


Die Nieuwmeester-koepel. FOTO: The Citizen
Die Nieuwmeester-koepel. FOTO: The Citizen

Comments


bottom of page