top of page

SONA: Ramaphosa evalueer sy ministers

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 12
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het prestasie-evaluasies van ministers in die regering van nasionale eenheid voor Donderdag se staatsrede afgehandel.


Die Presidensie sê die uitkomste sal as maatstawwe vir toekomstige evaluasies dien, eerder as om nuwe prestasie-ooreenkomste te onderteken.


Die hersienings vind plaas terwyl die regering voorberei vir plaaslike verkiesings later vanjaar.


Verder het Ramaphosa ook met vakbonde, sakeleiers en ander rolspelers oor prioriteite soos werkloosheid, infrastruktuur en energie-sekerheid gekonsulteer.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page