St Andrew’s groet ‘n geliefde oud-onderwyser
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 7
- 1 min read
Die St Andrew’s School in Bloemfontein berei voor om ’n geliefde oud-onderwyser en mentor te groet wanneer Pierre Grobler se begrafnisdiens volgende week in die skool se kapel gehou word.
Volgens Netwerk24 het talle leerders wat hy oor jare heen gementor het, gevra of hulle die diens kan bywoon – ’n teken van die groot invloed wat hy op generasies seuns gehad het.
Die voormalige ouadjunkhoof en krieketafrigter by die skool was vir dekades lank deel van die Saints-gemeenskap.
Die 72-jarige Grobler is vroeër die week oorlede nadat hy ’n ernstige beroerte gehad het.
Benewens sy rol as onderwyser was hy ook ’n bekende Vrystaatse krieketspeler en het tussen 1979 en 1986 in eersterangse- en dagwedstryde vir die provinsie uitgedraf.








Comments