top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

St Andrew’s ontvang ‘n internasionale omgewingstoekenning

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

St Andrew’s Skool in Bloemfontein is met ’n internasionale toekenning vir hul omgewingsinisiatiewe vereer.


Volgens inligting wat deur die skool gedeel is, het die instelling ’n Internasionale Vlagtoekenning ontvang as deel van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Natuurlewe en Omgewing, of te wel WESSA Skole- en Jeugprogram vir 2025 en 2026.


Die skool se inisiatief sluit onder meer herwinning, die aanplant van inheemse bome, waterbesparing en papierlose kommunikasie in.


Leerders neem ook deel aan tuinmaakprojekte, insluitend die plant van groente en vrugtebome.


Die projek staan onder leiding van onderwyser Elsa Franke, met die skool se Eco-klub wat ’n sleutelrol speel.


Die skool sê hulle hoop om die inisiatief verder met onder meer sonkrag en gryswaterstelsels uit te brei.


R Auths, S Nieuwoudt, L Chen and O Maree. FOTO: Facebook
R Auths, S Nieuwoudt, L Chen and O Maree. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page