top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Staatsinstellings moet dalk 'n deel van hul aankope vir swart ondernemings opsy sit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 hours ago
  • 1 min read

Staatsinstellings moet dalk minstens 30% van al hul aankope vir ondernemings in swart besit opsy sit.


Rapport berig in nuwe konsepregulasies vir die Wet op Openbare Verkryging wil die regering ook hê staatskontrakte en -tenders tot die waarde van R100 miljoen moet uitsluitlik opsy gesit word vir bieërs wat kan wys dat 40% van hul aankope gedoen is by diensverskaffers wat 51% in swart besit is.


Die voorgestelde regulasies vir die Wet op Openbare Verkryging is verlede week deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, uitgevaardig.


Die publiek het tot 15 Junie om kommentaar daarop te lewer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page