Stappe word geneem om pasiëntevervoer te verbeter
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 2
- 1 min read
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê stappe word geneem om pasiëntevervoer te verbeter.
Dit ná klagtes oor toestande waarin chroniese en psigiatriese pasiënte vanaf Qwaqwa na Bloemfontein vervoer word.
Pasiënte wat behandeling by onder meer Universitas-, Pelonomi- en die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks ontvang, het volgens Sunday World kommer uitgespreek oor oorvol ambulansvervoer oor lang afstande.
Departementele woordvoerder Mondli Mvambi het bevestig dat ou pasiëntevervoer-voertuie verlede jaar opgeveil is nadat dit nie meer veilig was nie.
Hy sê die departement het intussen 112 nuwe noodvoertuie, insluitend 60 ambulanse, bestel wat na verwagting in April afgelewer sal word.
Mvambi voeg by dat die veilige en waardige vervoer van pasiënte ’n prioriteit bly, en dat die klagtes ondersoek word.








Comments