top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Steenhuisen beklemtoon belangrikheid van bek-en-klouseerregulasies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 24, 2025
1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê mense wat nie aan bek-en-klouseerregulasies voldoen nie, sal strafregtelik aangekla word. Steenhuisen het tydens 'n toesigbesoek aan die Karan Beef-voerkraal in Heidelberg in Gauteng gepraat. Die regulasies dek onder andere die beweging van vee uit siektebestuursgebiede en die bedryf van veilings. Uitbrekings van die siekte is in vyf provinsies aangemeld. Steenhuisen het gewaarsku dat die oortreding van die regulasies ook tot uitbrekings in ander dele van die land sal lei.

 
 
 

Comments


bottom of page