Steve Biko se dood word amper 'n half-eeu later weer ondersoek
- Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Die geregtelike doodsondersoek na die dood van prominente anti-apartheidsaktivis Steve Biko gaan hervat word – amper 50 jaar ná sy dood.
Biko is op 12 September 1977 in polisie-aanhouding dood nadat hy wreedaardig aangerand is en in 'n koma gegaan het.
AFP berig die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê die hoofdoel van die heropening van die saak is om te bepaal of die dood as gevolg van enige handeling of versuim was, wat prima facie 'n oortreding behels.
Die oorspronklike ondersoek van 1977 het aangedui Biko het sy kop teen die muur in sy stel gestamp. Maar in 1997 het voormalige polisiebeamptes erken hulle het Biko aangerand.
Ten spyte van hul bekentenis het die kommissie nie amnestie toegeken nie omdat hulle nie 'n wetlike politiese motief vir die moord kon gee nie.





Comments