top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Steve Hofmeyr se slaggat-pad word deur boere reggemaak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 16
  • 1 min read

Nadat die sanger Steve Hofmeyr onlangs twee bande op 'n Vrystaatse pad verloor het, het die boeregemeenskap dit op hulself geneem om die magdom slaggate op die gehawende R103-pad tussen Warden en Vrede te vul.


Netwerk24 berig 'n bestuurslid van die Warden-boerevereniging, Jacques van der Merwe, sê die verniging het slaggate op sowat 7 km van die pad aan Warden se kant gevul. Dit is deur die vereniging se padboufonds, wat skenkings insluit, moontlik gemaak.


Die voorsitter van die vereniging, Schalk Erasmus, sê die padprojek is al jare lank aan die gang en die vereniging het sy eie skraper waarmee hy paaie skraap.


Erasmus sê die sement wat op die stuk pad gebruik is, het bykans R60 000 gekos. Dan kom die koste vir arbeid nog by. Volgens hom gebruik hulle eerder sement vir die slaggate as teer omdat dit langer as teer hou.


Die pad is geoormerk om aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) oorhandig te word, maar tot dan is die instandhouding die verantwoordelikheid van die provinsiale departement.


'n Skrywe is aan die Vrystaatse LUR vir paaie, gemeenskapsveiligheid en vervoer, Jabu Mbalula, gerig dat dit dringend oorgebou moet word.


Rosestad-nuus het vroeër berig twee van Hofmeyr voertuigbande het gebars nadat hy ‘n slaggat op dié berugte pad getref het.


'n Gedeelte van die R103-pad. FOTO: Step Up SA News
'n Gedeelte van die R103-pad. FOTO: Step Up SA News

 
 
 

Comments


bottom of page