top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Stormskade in Koppies word nog bepaal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Rooikruis is besig om die omvang van stormskade in Koppies in die Vrystaat te bepaal nadat sterk wind en reën die gebied getref het.


SABC News berig verskeie huise is beskadig en dakke is afgeruk. Die Rooikruis sê humanitêre hulp word reeds aan inwoners verleen wat deur die gure weer geraak is.


Volgens die organisasie werk vrywilligers saam met rampbestuur en plaaslike munisipaliteite om die skade te bepaal en hulp aan behoeftige huishoudings te verleen.


Die provinsiale bestuurder, Claudia Mini, sê Koppies, Gariep, Edenburg en dele van Thabo Mofutsanyana is van die gebiede wat tans deur die aanhoudende wind en reën geraak word.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page