'Stranger Things' kry nou ook 'n animasie-weergawe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 10
- 1 min read
Netflix het ‘n nuwe animasie-weergawe van sy trefferreeks Stranger Things aangekondig. Die program is getiteld Stranger Things: Tales from ’85.
Die storie sal in Hawkins afspeel gedurende die winter van 1985, tussen die program se tweede en derde seisoene. Bekende karakters sal ‘n nuwe paranormale misterie ondersoek wat verskillende monsters betrek.
Die aankondiging volg op gemengde reaksies op die vyfde seisoen se finale episode, wat kritiek ontlok het vir sy tempo en laaste gevegtonele.







Comments