Strenger beheer oor die spazawinkelfonds word verwelkom
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Parlement verwelkom strenger beheer oor die Spazawinkel-ondersteuningsfonds om te verseker dat die geld kwalifiserende Suid-Afrikaanse besighede bevoordeel.
Dit volg op bewerings dat sommige fondse aan besighede wat deur buitelandse burgers bedryf word, deur Suid-Afrikaanse fronte uitbetaal is.
Die Departement van Kleinsake-ontwikkeling het die Portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling meegedeel dat 930 uitbetalings, ter waarde van sowat R57 miljoen, teen 31 Julie gemaak is.
Die departement sê geen fondse is aan bedrieglike aansoeke uitbetaal wat tydens die verifikasieproses geïdentifiseer is nie.
Geen uitbetaling is ook aan ’n spazawinkel wat deur ’n buitelandse burger besit word, gemaak nie. Toesig sal voortgaan om openbare fondse te beskerm.








Comments