Studenteskuld kry aandag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 25
- 1 min read
’n Gekoördineerde proses is van stapel gestuur om ’n omvattende begrip van studenteskuld te ontwikkel en volhoubare oplossings te vind.
Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, sê sy departement werk saam met onder andere die Universiteit van Suid-Afrika en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, NSFAS.
Manamela het die ministeriële verklaring oor die gereedheid van die naskoolse onderwys- en opleidingstelsel vir die 2026 akademiese jaar gelewer.
Hy sê studenteskuld bly ’n strukturele uitdaging wat studentevordering en die volhoubaarheid van instellings beïnvloed.
LUISTER HIER:
Buti Manamela







Comments