top of page

‘Suid-Afrika is gereed vir die G20’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 20
  • 1 min read

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika is gereed om internasionale besoekers wat die G20-beraad hierdie naweek bywoon te verwelkom.


Die G20-beraad sal Saterdag en Sondag in Johannesburg plaasvind.


Sy sê die lugvaartsektor het alle kritieke voorbereidings voltooi om aan die streng standaarde te voldoen wat vir die historiese geleentheid verwag word.


LUISTER:



Intussen dreig Amerikaanse president Donald Trump dat ʼn konsensus-verklaring met die G20-leiersberaar onmoontlik is sonder die VSA.


Volgens die woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, het die Amerikaanse regering ʼn diplomatieke nota aan Suid-Afrika gestuur met die dreigement. Suid-Afrika hou egter vol dat konsensus sonder die VSA bereik sal word en dat ʼn verklaring aanvaar sal word wat Suid-Afrika, en nié die VSA nie, pas.


Barbara Creecy. FOTO: Facebook
Barbara Creecy. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page